|
Hierdie tydskrif is soos die titel aandui 'n erkende tydskrif vir die Suid-Afrikaanse reg waarin uitsluitlik navorsingsgebaseerde regsartikels gepubliseer word na behoorlike portuurevaluering. Dit is egter nie beknot tot 'n enkele onderafdeling van 'n deeldissipline van die reg nie en gekeurde bydraes vanoor die hele spektrum van die regswetenskap wat insluit aspekte van die privaatreg, handelsreg, staatsreg, strafreg en publiekreg maar ook regsfilosofie en regsgeskiedenis word gereeld gepubliseer.
Die tydskrif publiseer gekeurde bydraes op Afrikaans, Nederlands en Engels en word ook in Europa, Noord Amerika en Australië gelees. Bydraes van buitelandse outeurs met 'n sterk regsvergelykingsinslag word gereeld vir plasing aanvaar.
|